
Vars groente en vrugte
Seisoenaal en direk van die boer — vye van Oudtshoorn, kersies van die Koue Bokkeveld, en avos, litchis en mango's van Tzaneen.

Goeiemôre, Pretoria!
Elke Saterdagoggend van 05:30 tot 09:30 in Silverton. Kom haal jou week se vars kos, drink 'n moerkoffie en kuier saam.
05:30 – 09:30
Elke Saterdag, behalwe Christelike vakansiedae
Sedert 1992
Deur TLU SA gestig — die eerste van sy soort in SA
Gratis toegang
Bring die kinders, ouma en die hond (aan 'n leiband)
Vroeg uit die vere
Terwyl die res van Pretoria nog slaap, is die mark reeds 'n miernes van bedrywighede. Boere en uitstallers pak hul tafels vol vars groente, vrugte, vleis, gebak en pragtige handwerk — reg vir jou.
Lees ons storie
Iets vir almal

Seisoenaal en direk van die boer — vye van Oudtshoorn, kersies van die Koue Bokkeveld, en avos, litchis en mango's van Tzaneen.

Suurdeegbrood, pasteie, croissants, melktert, koeksisters en nog heelwat lekkernye.

Pannekoek, vetkoek, pap en kaiings, melkkos, jaffels en 'n beker moerkoffie om mee te begin.

Proteas teen sakpas pryse, clivias, kruie, vrugtebome en selfs bonsai.
En dis net 'n voorsmakie — daar is nog baie meer om te ontdek!
450+
huishoudings word weekliks deur die mark ondersteun
±10 000
produkte op die mark
95%
van die bome op ons terrein is inheems

Kom kuier saam
Ons gewilde aandmarkte sorg altyd vir groot pret. Hou ons sosiale media dop vir die volgende datum.

Resensies
★★★★★
“Besoek aan Pretoria Boeremark was 'n ongelooflike ervaring. Alle produkte was vars en bekostigbaar.”
★★★★★
“Niks klop 'n moerkoffie en pannekoek vir ontbyt nie. Dit is absoluut die moeite werd om vroeg op te staan.”
★★★★★
“Soveel verskeidenheid en goeie pryse! Jy kan regtig jou hele week se inkopies hier doen.”