
Ons help graag
Gereelde vrae
Hoe kan ek aansoek doen vir 'n stalletjie?+
Doen aanlyn aansoek via ons aansoekvorm. Alle aansoeke word binne 4 weke hersien en ons kontak jou sodra die proses voltooi is. Goedkeuring is nie gewaarborg nie.
Is die Boeremark slegs Saterdae oop?+
Ja, slegs op Saterdae van 05:30 tot 09:30. As 'n Christelike vakansiedag (Geloftedag of Kersdag) op 'n Saterdag val, is die mark gesluit.
Is daar aandmarkte?+
Ja! Elke nou en dan hou ons 'n aandmark. Die datum word vroegtydig op ons sosiale media aangekondig.
Is die mark oop al reën dit?+
Die mark is oop ongeag die weer. Dit bly wel elke stalletjie-eienaar se keuse of hulle daardie dag daar wil wees.
Word honde toegelaat?+
Honde is baie welkom, mits eienaars by hierdie reëls hou:
- Honde moet te alle tye aan 'n leiband wees.
- Honde moet goed gesosialiseer wees — aggressiewe honde bly eerder tuis.
- Tel asseblief jou hond se drolletjies op.
Besoekers wat nie by die reëls hou nie, sal gevra word om die mark te verlaat.
Is daar 'n ingangsfooi?+
Nee — toegang is gratis, vir altyd!
Is daar fasiliteite vir gestremdes?+
Ja, daar is spesiale parkeerplekke en badkamers vir gestremdes.
