Elke Saterdag oop van 05:30 tot 09:30 · Toegang is gratis, vir altyd!

Vir die hele gesin

Iets vir jonk, oud en almal tussenin

Die Boeremark is meer as inkopies — dis 'n Saterdagoggend-uitstappie.

Plaasdiere

Kom groet die bokkies, lammers en ander plaasmaats.

Ponieritte

'n Kort, veilige rit vir die kleinspan.

Gokarts

Vir die spoedvraat in die gesin.

Gesiggies verf

Van skoenlappers tot leeus.

Speelplek

Laat die kinders speel terwyl jy rustig koffie drink.

Werkswinkels

Leer iets nuuts by ons gereelde werkswinkels.

Partytjies

Hou jou kind se verjaarsdag by die mark.

Musiek

Plaaslike kunstenaars, trompoppies en blaasorkeste.

Aandmark met liggies en musiek

Kom kuier saam

Aandmarkte

Elke nou en dan hou ons 'n aandmark met liggies, lekker kos en musiek. Ons kondig die datums vroegtydig op sosiale media aan.