Elke Saterdag oop van 05:30 tot 09:30 · Toegang is gratis, vir altyd!

Ons storie

Baanbrekerswerk deur TLU SA

Al meer as drie dekades bring ons die boer en die verbruiker bymekaar — elke Saterdag, onder die jakarandas.

Boer agter sy stalletjie met vars produkte

Die Boeremarkkonsep

Direk van die boer na jou tafel

In 1992 het TLU SA die Boeremarkkonsep gevestig — vandag word dit landwyd in verskillende vorms toegepas. Die idee is eenvoudig: korter pryskettings tussen produsent en verbruiker, tot voordeel van albei.

Duisende besoekers stroom elke Saterdagoggend na die mark om plaasprodukte reg by die mense te koop wat dit gekweek, gebak of gemaak het.

Gereelde vrae

Van krag tot krag

Ons geskiedenis

  1. 1992

    Die eerste Boeremark

    Op 10 Oktober 1992 word die eerste Pretoria Boeremark op die WNNR se gronde gehou.

  2. 2004

    Pioniersmuseum

    In Desember 2004 word die Pioniersmuseum in Pretoriastraat, Silverton, die mark se nuwe tuiste.

  3. 2017

    Die Boeremark se Groot Trek

    Sedert Julie 2017 het die Boeremark sy eie tuiste by 665 Moreletastraat, Silverton.

Musiek op die verhoog

Op die verhoog

Musiek by die mark

Plaaslike kunstenaars maak gereeld musiek op ons verhoog. Kyk ook uit vir orkeste, trompoppies en die immergewilde Cantina Brass blaasorkes.

Kontak ons